Johan Oberholster
Opsoek na 'n voorman vir 'n melkery geleë te Potchefstroom (Noordwes Provinsie). Werksfunksies sal die algemene bestuur van die melkery insluit. Kandidate moet oor ten minste 5 jaar ondervinding in melkboerdery en KI beskik en moet verkieslik in die ouderdomsgroep 35-45 jaar val. Voorts moet die suksesvolle kandidaat bereid wees om op die plaas tuis te gaan. Behuising is op die plaas beskikbaar. Die persoon moet verantwoordelik, hardwerkend en betroubaar wees en onafhanklik kan werk. Kontak Naas 0844068968 of stuur 'n e-pos na [email protected].