Jy het potensiaal (...gehad)! Wanneer verander ons woorde vanaf “jy het potensiaal,” tot: “jy het potensiaal gehad?” Een keer moes iemand wat ek ken ‘n onderhoud voer met ‘n dinamiese oorsese kerkleier. Na die tyd sê dié toe vir hom: “You have a lot of potential.” Dadelik sê hy dankie, waarop die ander persoon sê dit was nie eintlik as ‘n kompliment bedoel nie. Toe voeg hy by dat as jy net maar potensiaal het, dan is jy eintlik in groot moeilikheid. Dit is daardie ingeboude kapasiteite wat die Here aan jou gegee het wat so vinnig en effektief bereik moet word. Anders is jy op die ou end dalk niks anders as daardie kneg in Jesus se gelykenis in Matteus 25:14-30 wat sy talente versteek het en uiteindelik opgeëindig het met presies dit wat hy by sy meester ontvang het nie. So het die Here dit nooit bedoel nie. As ons ons lewens afsluit met presies dieselfde potensiaal as waarmee Hy ons die wêreld laat inkom het, het ons ‘n vermorste lewe geleef.
Dit is goed om groot drome te droom. Tog is drome iets wat geleef moet word. Die Here het ons gemaak om daardie ingeboude talente en gawes wat Hy aan ons gegee het maksimaal te ontgin en op te gebruik. Dan verander ons talente en gawes in saad in God se saailande wat gedurig groei en vermeerder. Dan leef ons die regte soort lewens wat impak maak tot eer van God en tot seën van ander mense. Dit is juis die doel van al die koninkryksaad wat in ons lewens se stoorkamers lê — om God se Naam op unieke maniere so gou as moontlik te ver-Heerlik en om ander mense te dien en op te bou. |
AuthorWrite something about yourself. No need to be fancy, just an overview. Archives
October 2014
Categories |